

ONTSTAAN GESKIEDENIS VAN ODENDAALSRUS
Omstreeks 1870 het die trekboer H.W. Huyser sy ossewa tot stilstand laat kom op 'n plek
waar water en wild volop was en die weiveld goed. Hy bou sy huis waar die karavaanpark
tans is en hy dam die spruit op en skrop 'n dam uit en kom 'n kalkbank (waar die huidige
Mimosa dam is) en noem sy plaas Kalkkuil. Op hierdie plaas is Odendaalsrus later jare
aangelê. Sy naaste bure was 'n seker Smit wat ongeveer 2 uur te perd (+- 19 km) van
Kalkkuil gewoon het. Hy verkoop die plaas gedurende 1878 aan JJ Odendaal vir 7/6 per morg. Die plaas Kalkuil was so 6.400 morg.NA JJ Odendaal se dood in 1898 verkoop Eva Odendaal die plaas vir 38/- per morg sodat 'n dorp aan gelê kon word en die dorp word Odendaalsrust genoen na die Odendaal-famielie.
Styen & Vorster landmeters het die dorp uitgemeet en opgesny in 201 erwe sonder enige serwitute of beperkende voorwaardes.
Drie maande voor die Anglo-Boereoorlog in 1899 word die eerste erwe tekoop aangebied teen £15 per erf in 1912 word die prys na £15 verminder.
Die oorlog bring alles tot stilstand. Na die sluiting van die Vrede van Vereniging in 1902 moet 'n gemeenskap weer sy voete vind en moes hulle aangaan waar hulle opgehou het voor die oorlog.

1904 word die 1ste Dorpsbestuur gekies Met Mnre F Williams (Voorsitter), G Furst, AE Morgan, DC Cronje (sekretaris) en ene Le Roux. Die sekretaris het nie 'n kantoor nie en werk van sy huis af en moet van huis tot huis gaan om sanitasie gelde intevoder en hy verdien £1 per maand.
Die eerste skkol word ook die jaar opgerig 'n sinkgeboutjie. Die eerste prinsepaal Mnr AJ Cretten skryf in sy dagboek "Took over duties at Odendaalsrust school with 18 names on the roll."
Weens die netelige situasie met finansies moes die dorpsbestuur in 1906 £20 by die regering leen om 'n dip op te rig. en dan is daar nog die uitstaande skuld aan die Odendaal-erfgename met veskeie planne vir terugbetaaling wat van die tafel gevee word het die Dorpsbestuur
12 Maart 1910 eenparig bedank.
Die eerste winkel op Odendaalsrust word in 1903 opgerig deur Mnr Holland. In 1905 word die Commercial Hotel (Sinkgebou) deur Mnr Harry Woodberg. opgerig.
2

Die aftand tussen Ventersburgweg (Hennenman) en Odendaalsrust van 23 myl (± 36.8km) is gekenmerk deur 14 hekke en het by Koppie Alleen verby geloop.
Tussen Odendaalsrust en Kroonstad (40 myl ± 65km) was daar 40 hekke. Met die tyd se motor het dit 2½ uur geneem.