top of page

ONTSTAAN GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE

 

Na die sluiting van die Vrede van Vereeniging in 1902, was die bevolking baie verarm en kon daar nie ‘n selfstandige gemeente in die gebied gestig word nie. Predikante van die omliggende gemeentes het hier met dienste gehelp, onder hulle was ds GWB van der Lingen van Kroonstad en ds CJ Snyman van Ventersburg.

Ds Van der Lingen

Ds CJ Snyman

Die eerste Kerkdienste was onder doringbome by Oudewerf gehou waar sakramente van die doop en nagmaal dikwels onder die blote hemel bedien is, later is dienste onder die wilgerboom by die dam gehou.

 

Gedurende September 1905 besluit die “Centrale ring”, op voorstel van die Predikant van Thaba Nchu: “Deze Vergadering drage aan hun Rings Commissie op same te werken met de Rings Commissie van den Noordelijken Ring om zoo spoedig mogelijk een Gemeente te stichten met Odendaalsrust als centrum”.

 

Toe die twee ringskommissies bymekaar gekom het, is besluit om so ‘n gemeente te stig. Op 8 November 1905 kom die lidmate in die gebied na ‘n oproep byeen sodat die stigting van ‘n selfstandige gemeente op Odendaalsrust kon plaasvind. By die geleentheid is daar ‘n erediens gehou en ‘n baba gedoop nl Charlotte Francina Fourie (gebore 29 Sept 1905), die dogter van Jan Petrus Fourie en Francina Aletta van der Vywer. Die gemeente ressorteer onder die Noordelike Ring. Ds CH Boshoff van Bothaville word as die eerste konsulent aangewys.

 

GRENSE VAN DIE NUWE GEMEENTE:

 

  • Tussen Odendaalsrust en Kroonstad:
    Posenkop, Langkuil, Bruintjie-laagte,  Schotland-wes, Schotland-noord, met die spruitop tot aan Ottersspruit by CH Nel se plaas Richmond.

  • Tussen Odendaalsrust tot by Bothaville:
    Richmond(CH Nel), Smitsdal, Irene, Taljaadsdam, Damhoek, Doornkop, Kruidfontein, Boschrand.

  • Tussen Odendaalsrust en Hoopstad:
    Boschrand, Grasvlei, Witpan, Leeuwpan, Rotterdam.

  • Tussen Odendaalsrust en Bultfontein:
    Rotterdam, Steenrots, Brakspruit, Rietpan, Vaalbank, Rietfontein(D Nel), Langverwacht,(Le Roux), Tarentaalskop.

  • Tussen Odendaalsrust en Winburg:
    Tarentaalskop langs Zandrivier op tot by die woonplek van Hans Louw.

  • Tussen Odendaalsrust en Ventersburg:
    Hans Louw se plaas aan die Zandrivier, Witpan, Doornpan, Commandantspan, Posenkop.


     

Die Eerste Kerkraad:

Ouderlinge:

Cornelis Janse Wessels, Jacobus Stiglingh, Daniël Rudolf Pretoruis en Albert Grobbelaar.

 

Diakens:

Andries Hauptfleisch, Abraham Pretoruis, Daniël Benjamin Lombard, Barend Klopper, Rudolf Odendaal, Mattheus Marais, Christoffel Viljoen en W Immelman.

 

Tydens die Kerkraads vergadering 6 Januarie 1906 word die volgende besluit geneem.

Daar sal vir die 1ste jaar geen predikant beroep word nie weens die finansiële posisie van die gemeente.
 

Daar word ook op voorstel van Ouderling CJ Wessels om “een zink kerk groot 40 x 80 vt. Te bouwen” ‘n Bou kommisie word benoem met die volgende lede DR Pretoruis, CJ Wessels, W immelman, A Hauptfleisch, B Klopper, G goosen, T  Rossouw en A du Randt. Aangesien die fondse vir die oprig van ‘n Kerkgebou skraps is word die kommisie gevra om fondse by ‘n goedgesind perso0n te leen, die person is broeder FJ Lategan. Daar word ook besluit om ‘n Basaar tydens die April Nagmaal(1906) te hou om die boufonds te versterk.

 

‘n Bouer van Ventersburg Mnr Kruger voltooi die Sinkkerk in 1907 teen ‘n koste van £1300. Die Kerkgebou doen diens tot 1940 waneer die huidige gebou opgerig word.

Hierdie sinkkerk sou tot 1940 diensdoen toe die huidige kerkgenou in gebruik geneem is.

 

Tydens die kerkraadsvergadering van 15 Desember 1906 word besluit dat die kerkbanke uitgehuur sou word teen 4/- persitplek (Dit was destyd die gebruik dat jy jou sitplek in die kerk gehuur het teen 'n bedrag soos deur die kerkraad bepaal.) Alle sit p;ekke sou betaalbaar wees van Januarie Nagmaal tot en met April Nagmaal(3 maande) Indien dit nie betaal word nie " behoudt de Commissie zich het recht om banken te verhuren aan iemand anders"  

Daar word ook 'n brief voorgelees afkomstig van 'n paar lidmate waar in hulle die kerkraad versoek " om een Streversvereniging"  (dit was die destydse Jeugaksie). Die kerkraad sien nie hulle weg oop nie en laat die saak oorstaan totdat daar 'n vaste leeraar is. 

Nadat 1906 verby was, was die gemeente egter nog nie in staat om 'n leraar te onderhou 
nie, derhalwe word ds Boshoff (die konsulent vanaf Bethulie) gevra om die gemeente nog 
'n jaar behulpsaam te wees teen 'n betaling van £45 (dit was £15 meer as sy oorspronklike 
vergoeding). Hieraan het die kerkraad egter 'n voorwaarde geheg, nl. dat 'n deel van die 
geld terugbetaalbaar sou wees indien hy deur omstandighede verhinder sou word om 
verder konsulent van die gemeente te kan wees.

 

Die nuwe kerkgebou, van sink, het nie 'n konsistorie gehad nie, diê is eers later aangebou 
deur dieselfde bouer, teen 'n koste van £110. Na die ingebruikneming van hierdie plek van 
aanbidding sou dit nie weer nodig wees om onder die blote hemel te aanbid nie. Op watter 
datum die sinkkerk in gebruik geneem is, weet ons egter nie vandag nie, ons kan egter 
aanvaar dat dit gedurende Januarie of Februarie 1907 was aangesien die kerkraad tydens 
sy vergadering van 9 Februarie 1907 besluit het om nog 12 banke aan te koop omdat daar sitplekke kortkom. Hoe dit ook al sy, aan die ingebruiknemings piegtigheid het ds Van der Lingen van Kroonstad en ds Boshoff deelgeneem. Ds Van der Lingen het die wydingsrede gelewer met Psalm 132 verse 7,8 en 9 as teks: "Wij zullen in Zijne woningen in gaan, wij zullen ons nederbuigen voor de voetbank Zijner voeten, Sta op, Heere! tot uwe ruste, Gij en de ark Uwer sterkte! Dat Uwe priesters bekleed worden met gerechtigheid, en dat Uwe gunstgenoten juichen." By die geleentheid is die kanselbybel ingebring deur
oud-generaal CJ Wesseis, wat ook een van die eerste ouderlinge was. Die kanselkleed met die woorde "God is Liefde" Is gemaak deur mej. C Odendaal.

bottom of page